Editor's noteLocal newsNews

Help dié organisasie om ander te help

Die Ondersteuningsraad van Brakpan is talle behoeftige mense van die dorp se enigste bron van hulp, veral wanneer dit by ‘n daaglikse maaltyd kom.

Die organisasie verrig deur die loop van die jaar opheffingswerk onder minderbevoorregtes en bedien daagliks etes aan meer as 100 mense.

Volgende Vrydag (19 Desember) sluit dié organisasie en sal die deure eers weer vroeg in Januarie open.

Gedurende hiérdie tyd is daar baie mense wat nie die daaglikse bord kos, wat dikwels ook hul enigste bord kos is, sal ontvang nie.

In ‘n poging om die nood te verlig word daar ekstra nie-bederfbare kos aan die behoeftiges uitgedeel voordat die organisasie  toemaak.

“Ons is baie dankbaar vir elke liewe skenking wat ons deur die loop van die jaar gekry het asook vir die vrywilligers wat ons gehelp het,” het Mouna Loubcher, hulp maatskaplike werker gesê.

Sy het ook ‘n beroep op die publiek en besighede gedoen om die Ondersteuningsraad in hul laaste poging vir die jaar te help.

“Enige skenking van nie-bederfbare  voedsel asook toiletbenodighede sal baie welkom wees, het Loubcher gesê.

Die Ondersteuningsraad kan gekontak word by 011 740-9310.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button