Local newsNews
Vyftig-jarige reünie van Seunsskool Stoffberg se 1965-matriekklas word beplan
Na die baie suksesvolle reünie van die 1964-matriekklas van die Hoër Seunsskool Stoffberg, wat verlede jaar gehou is, wil die 1965-matrieks van die destydse Hoër Seunskool Stoffberg die tradisie om ‘n 50-jarige reünie te reël, voortsit.

Beplanning het reeds goed gevorder en die byeenkoms gaan op 14 en 15 Augustus vanjaar plaasvind.
“Ons benodig egter nog die kontakbesonderhede van verskeie leerlinge van die 1965-matriekgroep,” het een van die organiseerders gesê.
Enigiemand wat behulpsaam kan wees met inligting word versoek om een van die volgende persone te kontak:
Wouter Rothman (083 282 6969), Johan Herselman (083 632-0247) of Gert Coetser (083 3750413).
Lees die berig oor die 1964-matriekklas se reünie hier:
Stoffbergers van 1964 se paie kruis weer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



