Honde en hul eienaars kan lekker gaan stap
Die Dierebeskermingsvereniging se vyfde “Sunset Adventure Dog Walk” vind op Saterdag, 28 Maart, plaas.

Die genotvolle middag vir honde en hul eienaars word jaarliks aangebied deur verskeie takke van die DBV aan die Oos-Rand, insluitend Brakpan.
Die stappery vind, soos gewoonlik, by die Boksburg Stadion, wat in Jubileeweg geleë is, plaas.
Die hekke open om 4nm en persone wat nie honde besit nie, maar die geleentheid wil ondersteun, is ook baie welkom.
Die wat egter met hulle honde gaan stap moet die volgende in gedagte hou:
* Honde wat op hitte is of honde onder die ouderdom van drie maande sal nie toegalaat word nie.
* Die honde se inentings moet op datum wees en bewys moet daarvan gegee kan word indien dit versoek word.
* Alle honde moet aan ‘n gepaste leiband wees.
* Geen aggresiewe, siek of beseerde honde sal toegelaat word nie.
Worsbroodjies, koeldranke en bier sal te koop wees en almal wat inskryf staan ‘n kans om ‘n prys te wen.
Vir meer besonderhde kan Ann Martin by 082 909 5612 gekontak word.
Read the information in English here



