Local newsNews

Lede van die Brakpan VLU skitter by konferensie

Drie lede van die Brakpan-tak van die Vroue-Landbou-unie het tydens die Goudrifstreek se konferensie goed gevaar in die verskillende kompetisies wat deel van die konferensie uitmaak.

Hester Vorster het ‘n eerste plek in die gebak-afdeling behaal, terwyl Sylvia Smit ‘n derde plek behaal het, ook vir gebak.

Marie Liebenberg het ‘n eerste plek vir borduurwerk en ‘n derde plek vir breiwerk ontvang.

“Die standard van die kompetisie is baie hoog en ons is werklik trots op ons lede wat beloon is vir hul goeie inskrywings,” het Hettie Basson, voorsitter van die Brakpan-tak gesê.

Die konferensie is Saterdag gesamentlik aangebied deur die Brakpan- en Boksburgtakke, in die NG Kerksaal, Dinwiddie.

Die VLU het ook onlangs ‘n skenking aan San Michelle gemaak.

Lees die berig hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button