Editor's choiceLocal newsNews

Twee van Brakpan se anti-kapingseenheid trou

Twee lede van die anti-kapingseenheid van die Brakpan SAPD, adj-off Jan Roos en adj-off Sonja van der Walt, is Vrydag getroud.

Dié twee toegewyde polisiebeamptes werk reeds vir jare saam en was ook die afgelope 15 jaar in ‘n verhouding.

“Jan het so twee weke gelede besluit dit tyd was vir my om `mev Roos’ te word en hy het alles haarfyn beplan,” het Sonja vertel.

“Ons huweliksdag was baie spesiaal en ons vriende en familie, wat dit met ons gedeel het, het dit ekstra spesiaal gemaak.”

Tyd vir ‘n wittebrood is daar nie nou nie, en die twee sal later ‘n blaaskansie neem.

Sonja het twee kinders, Neil (29) en Danielle (27), en Jan het twee, Julian (20) en Allison (17).

Die huwelik is by die Full Monty, in Brakpan, gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button