Local newsNews
Man wat wasmasjien en kantsnyer steel sit lank agter tralies
‘n 38-Jarige man is op 6 Mei in die Brakpan Landddroshof skuldig bevind nadat hy ondermeer ‘n inwoner van Tweedy Park besteel het.
Gert Petrus Reid van Wendenlaan is skuldig bevind nadat hy skuldig gepleit het op twee aanklagte van huisbraak en hy sal agt jaar agter tralies deurbring.
Hy het op 25 Mei 2010 ‘n kantsnyer van Johan Viljoen, van Tweedy Park, gesteel. Die waarde daarvan is R2000.
Hy het ook op 9 Januarie 2011 ‘n wasmasjien, ter waarde van R2600, van Joyce Swanepoel van Kingswaylaan gesteel. Hy is op elke aanklag tot 4 jaar gevangenisstraf gevonnis aangesien hy ook relevante vorige veroordelings gehad het.
Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te mag besit.
Streekhof landdros Pieter du Plessis het voorgesit, terwyl die aanklaer George Makhudu was.
Zaheer Kathrada, van Regshulp Suid-Afrika, het verdedig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.