Editor's choice

Stoffbergers besoek die Life Dalview Kliniek

‘n Groep graad nege leerders van die Hoërskool Stoffberg het verlede Dinsdag die Life Dalview Kliniek gaan besoek.

Die besoek het deel uitgemaak van die hospital se viering van Internasionale Verpleegstersdag, wat op 12 Mei plaasgevind het.

‘n Woordvoerder van die hospitaal het gesê dat die skool se graad nege leerders genader is, met die oog op die feit dat hulle vanjaar vakkeuses moet maak.

“Die fokus was om hulp te verleen aan leerders wat moontlik ‘n mediese rigting wil volg. ‘n Voorlegging is hieroor aangebied,” het die woordvoerder gesê.

Die groep leerders het ‘n toer deur die hospitaal onderneem en het ook bygestaan toe verpleegpersoneel van die Life Dalview Kliniek die “Florence Nightingale Nurses pledge” afgelê het.

Internasionale Verpleegstersdag (International Nurses Day) word jaarliks gevier om erkenning te gee aan verpleegpersoneel reg oor die wêreld.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button