EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Smullekker eetgoed by die kermis
Die NG Kerk, Brakpan-Wes hou môre (Saterdag) sy jaarlikse kermis op die sportgronde van Laerskool Die Arend, vanaf 9vm tot 3nm.
Daar is groot moeite gedoen om heerlike kos soos kerrie en rys, jaffels, ribburgers en boereworsrolletjies vir die publiek reg te hê.
Die kerk is bekend vir die lekker pannekoeke wat altyd gebak word en kermisgangers sal more beslis pannekoeke kan koop. Die twee bo-baas bakkers sal natuurlik ook regstaan.
Daar sal ook ‘n vlooimark, babakompetisie en ander vermaak wees.
Lees ook:
Wen een van twee matriekafskeidrokke
Become part of the Farm Fun Festival at the Mall@Carnival



