Weerligslag in Brenthurst verander reuseboom in gloeiende skouspel
’n Kragtige Sondagmiddagstorm het meer as net reën en hael gebring. ’n Weerligstraal het ’n reuseboom in Brenthurst getref, met ’n besonderse gloeiende verskynsel wat later die aand sigbaar was.
Die kort, maar kragtige storm wat Sondagmiddag met gepaardgaande reën en hael oor dele van die dorp uitgesak het, het ook ’n ongewone toneel tot gevolg gehad.
’n Reuseboom in die oop park aangrensend aan Millicentstraat in Brenthurst is deur weerlig getref.
Ná die geweldige slag was dit duidelik dat die boom getref is, en kort daarna het dit begin brand.
Toe dit later donker geword het, het die volle impak van Moeder Natuur duidelik geword toe die reuseboom, wat al jare lank in die park staan, helder rooi gegloei het.

ALSO READ: Self-taught Brakpan teen unlocks new level as game developer
ALSO READ: Two robbers behind bars thanks to Brakpan detective’s sterling investigation



