Is jy bekommerd oor dwelmmisbruik en seksuele mishandeling in die dorp?
Die Brakpan polisie nooi die gemeenskap uit om môre (Saterdag) deel te neem aan ‘n optog teen dié twee euwels.
Kliek hier vir die Engelse weergawe
Dit volg nadat ‘n besorgde leser onlangs ‘n brief ingestuur het (Drug dealers a threat to children) waarin daar groot kommer oor veral kinders se veiligheid uitgespreek word.
Die brief eindig met: “I would like to appeal to the authorities to step in and assist with the cleaning up of this area, and also to enhance operations with EMPD/SAPS, as visibility and pro-activeness will surely make a difference in all our lives, but more importantly in the lives of our young children in the neighbourhood.”
Die optog begin om 8vm vanaf die taxi-staanplek in Stasieweg waarvan dit na die Bosmanstadion in Prince Georgelaan sal beweeg.
Persone en organisasies wat meer inligting wil hê kan vir Sers Faith Ntuli by 011 744 4940 skakel.
Lees ook:
Drank, dwelms en slegtigheid speel ‘n rol
Jong meisie koop helder oordag dwelms
Pa en kind wat saam slaap weer in hof



