CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Trek jy geld by die bank: Pasop dít kan met jou gebeur

‘n 45-jarige man het verlede Woensdagmiddag ‘n noue ontkoming gehad, nadat hy ‘n groot bedrag geld by ‘n bank op die dorp getrek het.

Die persoon is na sy huis in Gladstonelaan agtervolg en sou sy geld kwyt gewees het, as die drie diewe se plan nie verkeerd geloop het nie.

Volgens inligting van die SAPD het die man direk van die bank na sy huis gery en daar uitgeklim. Die geld was in sy klere versteek.

Toe hy in sy oprit stilhou het ‘n wit Polo met drie insittendes agter hom stilgehou.

Die drie mans, waarvan twee gewapen was, het uitgespring en ‘n gestoeiery het ontstaan.

Die slagoffer het om hulp geroep en ‘n buurman het uitgekom.

Twee rowers het te voet op die vlug geslaan en die derde een het met die Polo weggejaag.

Die man het ‘n paniekknoppie gekativeer en polisie was gou op die toneel.

Die twee rowers wat te voet gevlug het, is spoedig vasgetrek.

Die verdagtes, wat 27 en 45 jaar oud is, het Donderdag in die hof verskyn op ‘n klag van poging tot gewapende roof en het weer gister in die hof verskyn.

Die derde verdagte word nog gesoek.

Kapt Joep Joubert het gesê dat die moontlikheid ondersoek word dat die Polo met ander misdade verbind kan word.

Lees ook: 

Diewe vind altyd nuwe maniere om jou geld te vat

Vrou vertel van angsvolle oomblikke met vuurwapen teen haar kop

Victim fires shots at hijackers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button