Local newsNews

Vermiste persoon dood aangetref

‘n Inwoner van die dorp, wat op 4 Junie vermis geraak het, is oorlede.

‘n Soektog is na Steven Roux (25) begin nadat hy op 4 Junie vir die laaste keer in Mpumalanga gesien is.
Volgens inligting was hy daar in ‘n rehaiblitasiesentrum en het hy op dié dag op ‘n bus geklim om terug te keer na Brakpan.
Toe hy nie by sy bestemming opgedaag het nie is hy as vermis aangegee.
Sy suster, Michelle Bekker, het Vrydag (19 Junie) op haar Facebookblad geskryf dat sy verneem het dat haar broer se liggaam vroeër die maand in ‘n veld in Brakpan gekry is, en dat die nadoodse ondersoek aangedui het dat hy gesterf het as gevolg van longontsteking (pneumonia).
Die Herald het Bekker gekontak en sy het bevestig dat haar broer oorlede is en dat hy in ‘n veld aangetref is.
Die Herald het die Brakpan SAPD oor die voorval genader en daar is bevestig dat daar op 6 Junie ‘n lyk naby die ou Lokasiepad gevind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button