Local newsNews

Geliefde pastoor oorlede

‘n Bekende pastoor van die dorp, wat vir 62 jaar in die bediening was, is Saterdag oorlede.

Past Eddie Nell (82) was tot en met sy dood ‘n persoon wat hom gewy het aan sy kerk en aan sy geloof.

Nadat hy sy teologiese opleiding aan die AGS se Teologiese Kollege in Johannesburg voltooi het, het hy in 1959 as teologiese student by die AGS Kerk Betesda met die jeug begin werk.

Daarna tree hy voltyds in die bediening op plekke soos Louis Trichardt, Witfield, Lichtenburg, Welkom, Drie Riviere, Naboomspruit, Witfield-Oos, Newcastle en Potgietersrus.

Hy was ook in die beginjare betrokke by verskeie bedienings in die oud Noord-Rhodesië.

Daarna het hy teruggekeer na Brakpan en vir die afgelope 23 jaar was hy betrokke in die bediening by die AGS Kerk Brakpan-Wes, waar hy hom toegespits het op die bejaardes van die kerk en van ander denominasies.

Nell is op 5 September 1959 met Marie Welgemoed getroud en die egpaar het twee kinders Ray (oorlede op 20) en Lizelle gehad.

Die begrafnis vind Saterdag (18 Julie) om 11vm, vanuit die AGS Kerk Brakpan-Wes plaas.

Lees ook:

Dr Charles Theron sterf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button