Egpaar vier 65ste huweliksherdenking
‘n Egpaar, wat jare lange inwoners van die dorp was, het gister (Woensdag) ‘n baie besondere mylpaal in hul lewe bereik.
Japie (89) en Marie (90) Steyn, wat nou in ‘n aftree-oord in Benoni woon, het hul 65ste huweliksherdenking gevier.
Die twee het mekaar in Stellenbosch ontmoet en later in Bonnievale, waar Marie groot geword het, getrou.
Japie het vanaf 1952 by die Hoërskool Stoffberg skool gehou en Marie was betrokke aan St Dunstan’s, Springs- en Brakpan Tegnies, asook die Hoërskole Stoffberg en Hoogland.
Die egpaar het deur die jare mekaar se beste vriende geword en is dankbaar dat hulle 65 jaar van hulle lewe saam kon deurbring.
Hulle het twee kinders, Jacques en Mariets. Hul derde kind is in 1980 in ‘n ongeluk oorlede.
Hulle is ook dol oor hulle twee kleinkinders en drie agterkleinkinders.
Lees ook:



