CrimeLocal newsNewsUpdate
Opvolg: Twee gearresteer wat besittings van vermiste man verkoop
Dit het aan die lig gekom dat twee mans (38 en 30 jaar) Maandag gearresteer is nadat hulle in besit gevind is van eiendom wat aan die vermiste David John Bradsley (51) behoort.
Bradsley is Saterdag as vermis aangemeld by die Brakpan polisiestasie.
Daar word sedertdien onverpoos na hom gesoek.
In die soektog word daar veral gekonsentreer op ‘n veld oorkant die huis, waar Bradsley in Joneslaan gewoon het.
Dit volg nadat ‘n duvet, wat bloed aangehad het, en wat aan Bradsley behoort het, in dié veld gevind is.
Die twee verdagtes het Maandag (20 Julie), op ‘n aanklag van diefstal in die Brakpan Landdroshof verskyn en die saak is uitgestel tot Woensdag (29 Julie).
Lees ook:
Soektog na vermiste man verskerp nadat bebloede duvet in veld gevind is
Soektog na vermiste man gaan voort
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



