Local newsNews

Pasop, diewe soek jou hekmotor

Verskeie voorvalle waar elektroniese hekke se hekmotors gesteel word, is die afgelope tyd by die Brakpan SAPD aangemeld.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan polisie, het gesê dat daar veral in Brakpan-sentraal ’n probleem is en dat die voorvalle gewoonlik snags plaasvind.

“Ons stel voor dat huiseienaars voorsorg tref deur byvoorbeeld die hekmotors stewig, met ’n steunraam, aan die grond binne die eiendom vas te anker,” het Joubert gesê.

“Dit is ook wys om ’n steunarm aan die bokant van die hek aan te bring. Diewe lig maklik ’n hek van die spoor af en dié voorsorgmaatreël kan dit voorkom,” het Joubert bygevoeg.

Joubert waarsku ook om nie hekmotors van enige lid van die publiek te koop nie.

Lees ook:

Guard your roof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button