Local newsNews

So vang mens vis: Hoë hakke op die strand en ‘n vistok in die hand

‘n Ma en dogter, wat beide finaliste in die Lady Gracious 2015-kompetisie is, het onlangs op ‘n ongewone plek en op ‘n ongewone manier ‘n fondsinsamelingsprojek aangepak.

Belinda de Jager (43) en Kaitlyn (16), het ‘n visvangkompetisie in Namibië aangebied.

Hulle het vir ‘n naweek daarheen gevlieg en mense bymekaar gemaak om hulle te ondersteun.

“My man, Alfred, werk daar en ons het besluit om ‘n fondsinsameling met ‘n verskil aan te pak,” het Belinda gesê.

“Die weer op die strand was ongelukkig baie goor en daar is nie veel vis gevang nie, maar baie meer mense in Namibië weet nou van die Lady Gracious-kompetisie en van die gemeenskapsprojekte wat daarby baat vind.”

Daar was ‘n groot bespreking oor Belinda se keuse van skoene vir die dag. Sy dra graag hoë hak skoene en het die strand en die kompetisie in stewels, met spyker hakke aangedurf.

“Almal het vir my gesê dis onmoontlik om so op die strand te loop, maar dit is eintlik maklik,” het sy vertel.

Sy het darem later haar stewels vir platter skoene verruil.

Haar seun, Clinton (15), het wel nie saamgegaan nie, maar hy is ook vanjaar ‘n finalis in die Sir Gracious-afdeling.

“Dis groot pret om hierdie kompetisie saam met my kinders aan te pak,” het Belinda gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button