Leerders wat in toneelspel belangstel kan aan die begin van elke jaar aan oudisies deelneem, waarna die toneelgroep gekies word.
Vanjaar het twee toneelgroepe ingeskryf vir deelname aan die toneelkamp.
Akteurs in die toneelstuk “Royal Hotel Inn” was Jolene Els, Leoné Maree, Tené Minderon, Danielle Jacobs , Marc Erasmus, Dylan Erasmus, Jarred Henning, Charné du Plooy en Justin Steenkamp.
Akteurs wat aan die toneelstuk “Fatbusters” deelgeneem het, is Welmari Odendaal, Jolene Els, Marli Lottering, Brendan Nel, Dylan Knox, Nicole Lombard en Jarred Henning.
Die groepe het hul toneelsstukke reeds by verskeie geleenthede opgevoer, onder andere by die Allegretto Kunswedstryd en by die Universiteeit van Johannesburg.




