Editor's choiceLocal newsNews

Mense gryp melk toe vragmotor omslaan

Verkeer is vanoggend (Dinsdag) erg ontwrig en ten minste drie mense is beseer toe ‘n “interlink-” vragmotor op die hoek van Springs- en Ergoweg gebots het met 'n minibus taxi.

Die vragmotor, wat honderde bokse  langlewe-melk vervoer het, het omgeslaan.

Omstanders het dadelik begin om van die melk weg te dra en die situasie is eers gestuit toe SAPD en die Ekurhuleni Verkeer op die toneel opgedaag het.

Inligting op die stadium dui daarop dat ten minste drie mense in die minibus beseer is.

Die vragmotor bestuurder is, volgens inligting, nie beseer nie.

Die vragmotor het die hele breedte van Springsweg versper en motoriste moes alternatiewe roetes volg.

Kyk hier na meer foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button