CrimeEditor's choiceNews
Lewenslange tronkstraf vir HIV-positiewe man wat tiener verkrag
‘n 45-jarige man wat HIV-positief is en ‘n 13-jarige tiener drie keer verkrag het, is Woensdag in die Brakpan Landdroshof tot drie keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

Fanie Ngwenya (45), van Langaville, Tsakane, het die tiener in Desember 2010 en Januarie 2011 drie keer op verskillende geleenthede verkrag.
Die kind en haar ma het by die man in die huis, as huurders, gewoon en hy was volgens inligting soos ‘n oom vir die klaagster.
Daar is ook vasgestel dat die verkragter HIV-positief was tydens die voorvalle.
Dié aspek is nagevolg, maar die klaagster het op 6 Oktober 2015 negatief getoets vir HIV.
Streekhof landdros Pieter du Plessis het voorgesit, terwyl die aanklaer George Makhudu was.
Lees ook:
Twee wat by skool inbreek verskyn in hof
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



