CrimeEditor's choiceNews

So maak jy diewe se lewe baie maklik

Die Brakpan SAPD waarsku die publiek om geen besittings en waardevolle items in hul voertuie te laat nie.

Hierdie waarskuwing volg na ’n drastiese toename in diefstal uit motorvoertuie, veral by besige inkopiesentrums.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het gesê dat daar mense is wat selfone, skootrekenaars en selfs aktetasse in hul voertuie toesluit en dan gaan inkopies doen.

“Hierdie einste mense is dan erg verontwaardig wanneer daar by die voertuig ingebreek word en die items gesteel word,” het Joubert gesê.

Hy het aangeraai dat waardevolle items liefs in die kattebak en uit die oog van diewe toegesluit moet word.

“Ons vind ook dat daar mense is wat nie eens hul voertuie sluit wanneer hulle uitklim nie of die vensters ooplaat. ’n Dief het slegs ’n paar sekondes nodig om iets uit die voertuig te vat of selfs die voertuig te steel,” het Joubert bygevoeg.

Lees ook:

Thieves nab four vehicles in one day

SAPS successes 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button