Community AnnouncementsNews

Plaaslike dansers vaar goed by SA kampioenskappe

Dansers van Elsa’s School of Dance, ’n plaaslike dansskool, het onlangs in Welkom aan die Suid-Afrikaanse Country en Western Danskampioenskappe (SACWD) deelgeneem.

Elsa Viljoen, die dansskool eienaar, het ’n tweede plek in beide die wals en pulse kategorie behaal en ’n derde plek in die intermediêre silwer vroue-afdeling verower.

Celeste Angell het eerste plekke behaal in die oop vroue nuweling-, kristal vroue nuweling- en oop sosiale-afdelings.

Reinart Kruger het met die louere in die oop nuweling man-afdeling weggedans.

Michelle van Sittert het ’n eerste plek behaal in die silwer nuweling vroue- en ’n tweede plek in die oop sosiale-afdelings.

Estelle van der Linde het sertifikate ontvang in beide die silwer nuweling vroue- en oop sosiale-afdelings.

Kruger en Ivone De Oliveira het ’n tweede plek losgedans in die oop Country paartjie-afdeling.

Angell en Van der Linde het ook deelgeneem aan Medals waartydens Angell 95 persent behaal het en Van der Linde 85 persent.

Angell en Van Sittert, het vroeër vanjaar ook gekwalifiseer vir die Gauteng provinsiale span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button