Editor's noteLocal newsNews

Kersfees word vroeg gevier

‘n Hoogtepunt op die kalender van die Ondersteuningsraad is beslis die organisasie se jaarlikse Kersete.

 

Dié geleentheid het verlede Donderdag in die saal van die NH Kerk, Brakpan, plaasgevind, toe 200 volwassenes en 50 kinders ‘n smaaklike Kersete om keurig gedekte tafels kon geniet.

Die Ondersteuningsraad voorsien deur die loop van die jaar daagliks honderde mense van ‘n bord kos.

“Vanjaar was beslis ‘n moeiliker jaar as voorheen,” het Mona Loubser, hulp maatskaplikewerker van die organisasie gesê.

“Dit is baie duidelik dat die nood in die dorp elke jaar groter en groter word.

“Daar is mense daar buite wat net die klere aan hulle lywe besit. Hulle slaap op straat en leef op straat.”

Die Kersete word moontlik gemaak deur skenkings van veskeie gemeentes, individue en besighede.

“Ons is baie dankbaar vir die skenkings en ook vir die vrywilligers wat help met die voorbereiding en opdiening van die kos,” het Loubser, gesê.

Oud en jonk het by keurig gedekte tafels aangesit en ‘n bord kos, nagereg, koeldrank en lekkergoed geniet.

Naomi Mostert, van die Ondersteuningsraad, het gesê dat die hoeveelheid mense wat jaarliks om hulp aanklop steeds groei.

Die Ondersteuningsraad se kantore sluit laat in Desember en sal weer in Januarie 2016 open.

Gedurende hierdie tyd sal daar geen voedselhulp verleen word nie.

“Om die nood in dié tyd te verlig, wil ons graag op ons laaste voedingsdag in Desember kospakkies uitdeel,” het Mostert gesê.

Pesone wat belangstel om die Ondersteuningsraad op een of ander manier te help kan die kantore by 011 740-9130 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button