Editor's choiceLocal newsNews

Onnie lê die tuig neer na 35 jaar

Die Laerskool Brakpan-Oos het onlangs ‘n staatmaker, wat vir die afgelope 35 jaar aan die skool verbonde was, gegroet.

Hester Labuschagne was ‘n departementshoof wat daarvoor bekend was dat sy haar werk met ywer en trots verrig het.

“Gedurende die tyd wat sy aan die skool verbonde was, het sy sonder uitsondering foutlose verslae van hoofde, inspekteurs en die distrik ontvang,” het die hoof van Laerskool Brakpan-Oos, Louis van Biljon, gesê.

“Sommige dae was daar ongelooflike druk om alles gedoen te kry, maar niks kon haar onderkry nie. Sy het selfs naweke en vakansies werk huis toe gevat en alles altyd stiptelik en netjies gedoen.

“Eienskappe wat ons altyd van haar sal onthou is haar buitengewone toewyding, haar regverdigheid, vriendelikheid, positiewe ingesteldheid en die entoesiasme waarmee sy alles aangepak het.

Sy sluit haar onderwysloopbaan af met die wete dat sy haar roeping met groot ywer, toewyding en sukses verrig het. Dit het haar ook bemind gemaak onder onderwysers en leerlinge.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button