Local newsNews

Hewige sterk storm saai verwoesting

‘n Verwoestende windstorm, met gepaardgaande reën en hael, het Saterdagmiddag deur die dorp getrek en in sekere areas groot skade aangerig.

Die storm wat veral dele van Brenhurst, Dalview en Rand Collieries getref het, het skaars 15 minute geduur, maar die skade was gou duidelik.

Massiewe bome is ontwortel en talle paaie is versper. By baie wonings is mure omgewaai  en by ‘n besigheid in Dalview is staal naamborde platgevee deur die sterk wind.

‘n Muur by ‘n huis in Tweedylaan is platgevee deur die sterk wind.
‘n Muur by ‘n huis in Tweedyweg is platgevee deur die sterk wind.

Sover bekend is niemand beseer nie.

Kyk hier na meer foto’s

Lees ook: Haelstorm rig derduisende rande se skade aan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button