Editor's noteLocal newsNews

Sorg dat jou troeteldier ‘n naamplaatjie het

Dit is uiters belangrik dat die publiek seker maak dat alle troeteldiere ‘n halsbandjie en ‘n naamplaatjie dra, of ‘n mikroskryfie laat inplant deur ‘n veearts.

Chris Badenhorst, voorsitter van die Brakpan Dierebeskermingsverenigng (DBV), skryf:

Ek verwys na die berig wat op die Herald se webtuiste geplaas is (Gesin kon geliefde hond nie self begrawe).

Dit is met innige simpatie dat die Brakpan DBV verneem van die afsterwe van die Bekker-gesin se geliefde troeteldier.

Dit is duidelik dat die gesin alles in hulle vermoë gedoen het om hulle hond te probeer opspoor.

Dit is uiters belangrik dat die publiek seker maak dat alle troeteldiere ‘n halsbandjie en ‘n naamplaatjie dra, of ‘n mikroskryfie laat inplant deur ‘n veearts.

Hierdie is die beste maniere vir die DBV, asook veeartse, om diere en hulle families te herenig.

Die DBV en veeartse hou rekord van diere en hulle eienaars via die naamplaatjies en so word die proses om die familie op te spoor baie vergemaklik, aangesien die DBV en die veearts toegang tot die data het.

Hierdie naamplaatjes is by die Brakpan DBV beskikbaar vir minder as R50.

Die Brakpan DBV kan vir verdere inligting by 011 742 2007 gekontak word.

Jou veearts sal meer inligting oor die inplanting van mikroskryfies kan verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button