CrimeEditor's noteNews

Diewe steel agt vragmotorbatterye

Die batterye is gesteel uit vragmotors wat op die perseel van die kinderhuis geparkeer word.

Diewe het verlede Woensdagaand weer by die East Rand Children’s Haven toegeslaan en dié keer agt vragmotorbatterye gesteel.

Die batterye is gesteel uit vragmotors wat op die perseel van die kinderhuis geparkeer word, deur ‘n besigheid wat spasie vir dié doel daar huur.

Kriminele het oor die afgelope tyd telkens by die kinderhuis toegeslaan en besittings van die kinders gesteel.

Die bestuur van die East Rand Children’s Haven voer ‘n stryd om te sorg dat ongewenste elemente nie die eiendom betree nie.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het bevestig dat die diefstal van batterye volop is.

Hy het voorgestel dat eienaars van vragmotors die batterye met die maatskappy se naam merk.

Lees ook: Groot hartseer nadat diewe fietse en speelgoed by kinderhuis steel

Deurtrapte diewe teiken Kinderhuis weer

Donation for East Rand Children’s Haven

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button