CrimeEditor's choiceNews

Rowers dreig vrou, vat haar handsak en foon

Een van die mans het ‘n voorwerp teen haar nek gedruk en haar beveel om haar handsak en selfoon te oorhandig.

‘n 43-Jarige vrou is Woensdagoggend, in Dalpark, met ‘n wapen gedreig en van haar handsak en selfoon beroof.

Die vrou het om 9vm in ‘n veld naby Augrabiesstraat gestap, toe sy van agter deur drie mans ingehaal is.

Een van die mans het ‘n voorwerp teen haar nek gedruk en haar beveel om haar handsak en selfoon te oorhandig.

Die vrou het dit gedoen, waarna die mans gemaak het dat hul wegkom.

Dit is nie duidelik of die rowers ‘n vuurwapen of ander tipe wapen teen die vrou se nek gedruk het nie.

Die saak word deur die SAPD ondersoek.

Lees ook:

Jong vrou spoor self haar foon op toe dief dit steel 

‘Slim oubaas’ (71) gaps sy eie beursie terug na dief dit steel 

Diewe pla weer by Tweedy Park

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button