Pannekoeke by die dosyne by die fees
Kompetisies om te kyk wie kan die meeste pannekoeke bak en eet word ook aangebied.

’n Pannekoekfees word op 27 Augustus deur Bethlehem Huis van Brood, by die Van Dyk Park Primary School, in Boksburg, aangebied.
Die doel van die fees is om kos en klere vir minder bevoorregte mense aan die Oos-Rand in te samel, asook vir die dierebeskermingsverenigings in Boksburg, Brakpan en Kemptonpark.
Kompetisies om te kyk wie kan die meeste pannekoeke bak en eet word ook aangebied.
Mense is welkom om donasies van kos, klere, komberse en troeteldierkos te bring.
Vir meer besonderhede, skakel past Barend Botes by 082 537 0564.
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13



