
Vanweë voortdurende pogings om stabiele en betroubare kragvoorsiening aan verbruikers te verskaf, sal die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) Saterdag noodsaaklike instandhouding en herstelwerk uitvoer.
Die werk vind vanaf 10nm (10 September) tot 6vm (11 September) die volgende oggend, by die Van Eck Park substasie, plaas.
Die areas wat geaffekteer sal word is Brakpan (uitsluitende Brakpan-Noord), Langaville en Geluksdal.
Die EMM vra omverskoning vir enige ongerief wat veroorsaak kan word en herinner inwoners om alle elektriese toevoerpunte as lewendig te beskou, vir die duur van die onderbreking.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



