Local newsNews

Maak reg: Die koue is glo op pad

Saam met die kouefront kan inwoners ook geweldige donderstorms en sterk winde verwag.

Alhoewel inwoners al die lente se aankoms gevier het, is daar ’n moontlikheid dat ’n kouefront om die draai is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) kan die temperatuur die naweek drasties daal. Inwoners kan ’n val in temperatuur verwag so vroeg as Vrydagaand.

Die SAWD se webblad dui aan dat Saterdag en Sondag se maksimum temperatuur tot onder 20°C kan daal.

Dinsdag sal die temperatuur weer terugkeer na normaal met ’n geskatte maksimum temperatuur van 25°C.

Saam met die kouefront kan inwoners ook geweldige donderstorms en sterk winde verwag.

Wenke om warm en snoesig te bly:

• Trek eerder nog ’n laag klere aan, ’n serp, handskoene en ’n mussie is ook belangrik, en spaar sodoende ook krag.

• Maak kamers toe wat nie gebruik word nie.

• Stop gleuwe en openinge in die huis toe.

• Sit jou elektriese kombers ’n uur voor jy in die bed klim aan. As jy nie ’n elektriese kombers besit nie, vat ’n warmwatersak en plaas dit in die bed net voor slaaptyd.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button