
Nog niemand is aangekeer na die voorval waartydens drie mans Saterdagaand doodgeskiet en twee ernstig beseer is nie.
Lees die oorspronklike berig hier.
Die skietery het ongeveer 9vm by die Plastiek Plakkerskamp net buite Anzac plaasgevind.
Volgens Kapt Eddie Ramohlola, wat die naweek die diensoffisier was, het ’n groep mans naby die plakkerskamp gesit.
’n Onbekende aantal mans het hulle genader en op die groep begin skiet.
Die drie oorledenes is op die toneel dood.
Die twee beseerdes is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.
Die motief vir die aanval is nie bekend nie.
Volgens inligting is die mans glo onwettige myners (zama-zamas).
Die ondersoek duur voort.
Lees ook: EMPD strives to make informal settlement safer
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



