Opvolg: Lyk op sypaadjie – Vermoorde vrou se hondjie het op haar lyk gesit
"Die hondjie het net daar bly sit totdat iemand van ’n sekuriteitsmaatskappy dit verwyder het."
Lees die oorspronklike berig hier
’n Familielid van die vrou, wie se liggaam Vrydag op ’n sypaadjie in Derbylaan gevind is, het vanoggend (Maandag) bevestig dat die oorledene Isabel Venter (50) is. Sy het in Brakpan gewoon.
Venter se naakte liggaam is Vrydagoggend vroeg deur ’n verbyganger op ’n sypaadjie ontdek. Sy was met kledingstukke vasgebind.
Dit het intussen aan die lig gekom dat die vrou se Pekingese hond op haar lyk gesit het, totdat dit verwyder is.
’n Persoon wat verby die toneel gery het, het aan die Herald gesê dat dit uiters hartseer was om die hondjie so op die vrou se rug te sien sit.
“Die hondjie het net daar bly sit totdat iemand van ’n sekuriteitsmaatskappy dit verwyder het,” het die verbyganger vertel.
Die familielid van die vrou, wat gevra het om nie geidentifiseer te word nie, het gesê dat sy nog Woensdag met die oorledene gepraat het.
“Ons het haar (vanoggend) Maandagoggend gaan uitken en die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie,” het die familielid gesê.
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



