Editor's choiceLocal newsNews

Opvolg: Inwoners kan sonder water sit oor groot waterlek

“Ek sal inwoners in die areas aanraai om voorsorg te tref en houers met water te vul.”

Twee DA raadslede, Stephanie Ueckermann en Brandon Pretorius, het meer lig gewerp oor die waterpyp wat vanmiddag (Donderdag) gebars het en waaruit daar derduisende liters water spuit.

Kyk hier na die video

Ueckerman het gesê dat die pyp deur die Rand Waterraad herstel moet word en dat die proses reeds aan die gang is.

Sy het daarop gewys dat Dalview, Dalpark Proper, Kenleaf, Larrendale en Denne-Oord moontlike onderbreking in die watertoevoer na huishoudings en besighede kan ondervind.

“Ek sal inwoners in die areas aanraai om voorsorg te tref en houers met water te vul,” het Ueckerman gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button