Valentynsdag is ‘n dag wanneer die liefde gevier word en ook ‘n dag om vir ‘n spesiale persoon in jou lewe iets te gee.
By die Honkie Ponkie Kleuterskool het dit al ‘n jaarlikse instelling geword om op dié dag iets baie spesiaal te doen.
Vanjaar was weer geen uitsondering nie.
Die skool het instansies geïdentifiseer om hierdie jaar te bederf.
Die kleuters van die skool se ouers het elk ‘n kartonhouer ontvang met ‘n persoon se naam en ouderdom daarop aangedui.
Die ouers kon die houers vul met items, in die vorm van geskenkies, klere, eetgoed, skryfbehoeftes, ens.
Die houers is aan verskeie organisasies, onder andere die ViA Vinkies, geskenk.

“Elkeen van ons voorskoolse kindertjies, asook die skoolgaande boeties en sussies, het elk ‘n geskenkhouer vol verrassings ontvang,” het Esther Rothman, van die ViA Vinkies, gesê.
“Ons kindertjies was oorstelp van vreugde,” het sy bygevoeg.
Die ViA-Vinkies-projek is op die been gebring om kinders wie se ouers nie kleuterskool onderriggelde kan bybring nie te help.
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



