Editor's choiceLocal newsNews

Lyn en Joyce se foto sorg dat hulle lekker gaan smul

Hierdie oulike foto is gekies as die wenner van die Herald se Moedersdag fotokompetisie.

Hierdie oulike foto van Lyn Erasmus (59) en haar ma, Joyce Nel (81), is uit ‘n groot aantal inskrywings gekies as die wenner van die Herald se Moedersdag fotokompetisie.

Die foto is in ‘n warmwater swembad geneem, toe die gesin onlangs by Klein Kariba vakansie gehou het.

Lyn en Joyce is al meer as 56 jaar inwoners van die dorp.

Die foto het vir hulle ‘n heerlike bederf van die Lake Restaurant in die sak gebring.

Die gewilde eetplek het ‘n R1 000 eetbewys geborg vir die wenfoto.

Kyk hier na die ander inskrywings:

Moedersdag fotokompetisie inskrywings (1)

 Moedersdag fotokompetisie inskrywings (2)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button