Editor's choiceLocal newsNews

WEN: Kaartjies en ‘n CD

Wen kaartjies vir Lollos se splinternuwe vertoning asook 'n Lollos 8 CD.

Lollos is ‘n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van een en 10 jaar oud.

Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans. Die vertonings is dus uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word hul ook iets leer.

Lollos sal Saterdag, 3 Junie, om 4nm by die NG Kerk Dalpark wees met ‘n nuwe vertoning – Mallemeule.

Meer oor die vertoning: 

Willa die Gorilla het vir Lollos en Lettie uitgenooi vir ete, maar hy háát dit as iemand laat is!

Willa is die baas van Aapstert Bos, ‘n wonderlike pretpark met ‘n Tuimeltrein en ‘n Wolkie Wiel en alles wat lekker is.

Lollos, Lettie, Disco en Karla spandeer die hele dag in die park en geniet die speletjies en pretritte terdeë terwyl hulle nuwe liedjies sing soos Voer die Varkie Vet, Woep-Wap en Lalalollie – maar sal hulle onthou om betyds te wees vir hul afspraak?

Wen:

‘n Gelukkige leser kan ‘n stel dubbelkaartjies wen vir Saterdag se vertoning asook ‘n Lollos 8 – Skaterlag CD.

Dis maklik om in te skryf:

• Stuur ‘n e-pos na malissas@caxton.co.za en en verduidelik in een sin waarom jy graag die prys wil wen.
• Die sluitingsdatum is Woensdag (31 Mei) om 3nm en die wenner sal telefonies in kennis gestel word. Laat dus ‘n kontaknommer.
• Slegs een inskrywing per persoon.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button