LettersOpinion

Dit was ‘n heerlike dag

Annelien van der Mescht, Brenthurst, skryf: Ek hoop daar is volgende jaar weer ‘n skou, want hulle sal ons beslis weer sien.

Annelien van der Mescht, Brenthurst, skryf:

Ek en my gesin het die naweek vir die eerste keer die motorskou by Muriel Brand Skool bygewoon.

Ons het aan die begin van die jaar na Brakpan verhuis en dit was dus ‘n eerste vir ons.

Ek was aangenaam verras en my man nog meer.

Die toegangsgeld van R30 per persoon, het ek gevoel, was heeltemal geregverdig. Ons het twee kinders en kon ‘n genotvolle dag vir R120 geniet.

Ek het verneem dat die skool self vir die kosstalletjies verantwoordelik was en ek moet hulle loof vir die organisering. Elke persoon, wat by die kosstalletjies gewerk het, was baie vriendelik en die kos was aangenaam.

Ons het gerus gevoel om ons kinders, wat sewe en 12 jaar oud is, toe te laat om alleen rond te loop (gewoonlik sal ons dit nie doen nie).

Wat ‘n ondervinding was dit nie vir hulle om op die ossewa te ry nie.

Ons was van plan om net so uur of wat te vertoef, maar ons het ‘n heerlike dag geniet en eers laat middag huiswaarts gekeer.

Ek hoop daar is volgende jaar weer ‘n skou, want hulle sal ons beslis weer sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button