Deel jou spesiale vadersdagfoto met ons en wen ‘n lekker prys
Die wenfoto sal in die Herald gepubliseer word en boonop sal die wenner ‘n heerlike bederf van die Lake Restaurant ontvang.

Vadersdag word vanjaar op 18 Junie gevier en met die oog daarop bied die Herald ‘n fotokompetisie aan.
Die wenfoto sal in die Herald gepubliseer word en boonop sal die wenner ‘n heerlike bederf van die Lake Restaurant ontvang.
Die restaurant is bekend vir sy heerlike kos, wat in ‘n ontspanne atmosfeer geniet kan word.
Die prys sluit ‘n ete vir ‘n gesin, van tot ses persone in, wat op Vadersdag die ontbyt- of middagete-buffet by die restaurant kan gaan geniet. ‘n R300 bewys vir drankies word ook ingesluit.
Dit is maklik om in te skryf, maar onthou dat ons opsoek is na ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n pa en sy kind/kinders uitbeeld.
Dit kan ‘n prettige foto wees of iets meer ernstig. Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie en foto’s wat digitaal gemanipuleer is, sal glad nie in ag geneem word nie. Slegs inwoners van die dorp kan inskryf.
Dit is belangrik om die volgende inligting saam met die foto te verstrek:
• Name, vanne en ouderdomme van al die mense op die foto; waar die foto geneem is asook ‘n kort beskrywing daarvan.
• Dit is ook noodsaaklik om ‘n telefoonnommer te verskaf.
• Foto’s kan slegs op twee maniere ingestuur word. Dit kan in j-peg formaat per e-pos na brakpanherald@caxton.co.za gestuur word. Foto’s wat kleiner as 1MB is sal glad nie in ag geneem word nie.
• Gedrukte foto’s kan ingehandig word by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview.
Die sluitingsdatum is Maandag, 12 Junie, om 9vm.
Lees ook:
Father’s Day: Iconic dads in film
Seven things you didn’t know about Father’s Day
Volg ons:



