CrimeEditor's noteNews

Diefstal van hekmotors is weer erg: SAPD gee raad

Huiseienaars wat elektroniese hekke het, word versoek om ekstra maatreëls in plek te stel om hul eiendom te beskerm.

Die Brakpan SAPD het onlangs aangedui dat daar die afgelope tyd ‘n groot toename in die diefstal van die motors van elektroniese hekke is.

Huiseienaars wat elektroniese hekke het, word versoek om ekstra maatreëls in plek te stel om hul eiendom te beskerm.

Volgens ‘n woordvoerder van die SAPD is dit ‘n goeie idee om ‘n naam en identiteitsnommer op ‘n manier op die motor aan te bring.

“Dit moet, byvoorbeeld, ingegraveer word, sodat dit nie verwyder kan word nie,” het die woordvoerder aangeraai.

“Dit is ook wys om die hekmotors stewig met ’n steunarm aan die grond of binne die eiendom vas te anker.”

“Dit sal ook help  om ’n steunarm aan die bokant van die hek aan te bring. Diewe lig maklik ’n hek van die spoor af en dié voorsorgmaatreël kan dit voorkom.”

Lees ook:

Waarskuwing: Skelms se maniere om toegang tot jou huis te kry

Pasop, diewe soek jou hekmotor

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button