Inwoners kan ‘n kragonderbreking die naweek verwag
Inwoners moet solank voorsiening maak vir ‘n beplande kragonderbreking wat etlike ure kan duur.
Vanweë voortdurende pogings om stabiele en betroubare kragvoorsiening aan verbruikers te verskaf, sal die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) Saterdag noodsaaklike instandhouding en herstelwerk uitvoer.
Die werk vind vanaf 10nm (24 Junie) tot 7vm (25 Junie) die volgende oggend, by die Van Eck Park substasie, plaas.
Die areas wat geaffekteer sal word is Brakpan (uitsluitende Brakpan-Noord), Langaville en Geluksdal.
Die EMM vra omverskoning vir enige ongerief wat veroorsaak kan word en herinner inwoners om alle elektriese toevoerpunte as lewendig te beskou, vir die duur van die onderbreking.
Lees ook:
Attempted theft at Van Eck Substation
Ekurhuleni deploys more standby personnel to respond to power cuts
Volg ons:



