Local newsNews

Bekende wedvlug kampioen oorlede

Thinus Janse van Rensburg se begrafnis het Vrydag plaasgevind.

Thinus Janse van Rensburg (70), ‘n welbekende duiwekenner en passievolle wedvlug deelnemer is verlede Dinsdag oorlede.

Van Rensburg was welbekend regoor die land en het sy provinsiale- en Springbokkleure in die sportsoort verwerf.

Hy was sedert 1989 ’n lid van die Brakpan Duiweklub waar hy ook op ’n stadium die ondervoorsitter was.

Volgens sy vrou, Elsabé, het Van Rensburg duiwe op die jong ouderdom van 10 jaar begin vlieg.

“My man was ’n kampioen vlieër en wanneer hy in sy duiwehokke was, was hy op sy gelukkigste,” het sy gesê.

Volgens Elsabé het hy in 2015 opgehou om kompeterend deel te neem, maar het hy nogsteeds raad gegee aan almal wat by hom om hulp aangeklop het.

“Hy was ’n kenner op die gebied van duiwe en wedvlugte, maar het nooit geskroom om sy kennis met ander te deel nie.”

Hy laat ook ’n dogter, Elmarie (20), agter.

Van Rensburg se begrafnis het Vrydag plaasgevind.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button