Local newsNews

Skakel in by die Voortrekkers

Die Voortrekkers is weer bedrywig in die dorp en het onlangs met 'n Boeresportdag, wat by Laerskool Die Arend plaasgevind het, afgeskop.

Sakresies, toutrek, driebeenresies en vele ander speletjies het almal laat skaterlag.

Dit was veral die aartappelresies wat vir groot kompetisie en vermaak gesorg het.

Die Voortrekkers kom elke Vrydagmiddag van 5nm tot 6nm op die sportgronde van Laerskool Die Arend bymekaar.

Daar is reeds ses offisiere wat elk sy of haar eie spanbyeenkomste hou en die kinders kan daarna uitsien om al die interessante Voortrekker aktiwiteite te beleef.

Lede vanaf van graad 0 tot graad sewe kan inskakel, maar hoërskool leerders is ook baie welkom.

Vir navrae oor die Voortrekkers of om aan te sluit kan Hennie Venter by 083 560 7574 of Louise Botha by 074 911 1225 gekontak word.

Lees ook:

‘n Boer maak ‘n plan

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button