Editor's noteLocal newsNews

Nuwelinge wil hul vlerke sprei

Coen en Marijke van der Walt is lief vir die natuur en toe daar onlangs drie gevlekte ooruiltjies in die boom uitgebroei het, het dit vir groot opwinding gesorg.

’n Epgaar van Dalview is baie ingenome met drie nuwelinge wat onlangs hul opwagting in ’n ou palmboom in hul tuin gemaak het.

Coen en Marijke van der Walt is lief vir die natuur en toe daar onlangs drie gevlekte ooruiltjies in die boom uitgebroei het, het dit vir groot opwinding gesorg.

Coen vertel dat die pa- en ma-uil al vir sowat twee jaar in die tuin aanwesig is, maar dat dit die eerste keer is dat hy kleintjies gewaar.

Die drie uiltjies het sowat ses weke gelede vir die eerste keer hul verskyning gemaak.

Een van hulle het sedertdien die nes verlaat, maar die ander twee was verlede Vrydag nog maar effe wankelrig en het die wêreld vanuit die veiligheid van hul nes bekyk.

Vanessa Davis van die organisasie Wildlife in Crises het verduidelik dat hierdie ’n gevaarlike tyd in jong uiltjies se lewe is.

“Hulle moet die nes verlaat, maar het nog nie die kuns om te vlieg bemeester nie,” het Davis gesê.

“Die uiltjies sal gewoonlik uit die nes kom en hopelik ’n paar dae op ’n tak of in die veiligheid van ’n boom spandeer om hul vlerke te oefen en hul spiere te versterk.

“Ongelukkig kan dit gebeur dat die baba uiltjies op die grond beland, waar daar dikwels honde of katte is,” het Davis gesê.

Sy het bygevoeg dat die kleintjies een tot vyf dae op de grond kan spandeer terwyl hulle leer om te vlieg, maar sodra hulle dit regkry, sal hulle van die grond af bly en sodoende gevaar vermy.

Coen het gesê dat hulle die kleintjies maar so goed dophou as wat moontlik is.

“Daar is seker baie mense wat al so iets beleef het maar vir ons is dit baie spesiaal.”

Hy het gesê dat hy beplan om die palmboom (dit het gevrek) af te kap sodra die uiltjies die nes verlaat het.

“Ons wil egter nie hê dat die uile ’n ander blyplek moet gaan soek nie.”

Hy het versoek dat enigemand wat ’n neskas aan hom kan skenk, met hom in verbinding tree.

Sy nommer is 074 632 8612.

Lees ook:

Seun red sy sussie se kat uit boom

Boerpampoen groei in suurlemoenboom

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button