Editor's noteLocal newsNews

Dié bromponie brul nog met koedoehorings en al

'n Opgeboude bromponie, wat met 'n paar baie indrukwekkende koedoehorings spog, laat inwoners twee keer kyk.

Motoriste vergaap hulself deesdae behoorlik aan ‘n buitengewone ryding wat op ‘n sypaadjie in Van der Waltweg staan.

‘n Opgeboude bromponie, wat met ‘n paar baie indrukwekkende koedoehorings spog, laat inwoners twee keer kyk.

Die ryding is voor Brakpan Paint and Accessories geparkeer, uitsluitlik met die doel om aandag te trek en die plan werk beslis.

George Coulson, eggenoot van die eienaar Heidi, vertel dat hy die interessante bromponie op ‘n fees gesien het en dit dadelik gekoop het.

“Ek hou van oudhede en koop en verkoop ook maar,” het George gesê.

Die bromponie ry nog en alhoewel dit wil voorkom asof dit met die hulp van die koedoehorings bestuur moet word, is dit darem nie so nie.

“Dit is nou wel nie ‘n ryding wat padvaardig is nie so ons pretritte is tot die area voor die winkel beperk,” het George gesê.

Lees ook:

Brakpan tiener maak naam met Mini

Dié tuk-tuk kry jou woerts-warts waar jy wil wees

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button