Kuier by die Just Wheels Motorklub
Daar sal genoeg wees om te eet en drink en lekker musiek sal gespeel word.
Die publiek word uitgenooi om volgende Sondag (29 Oktober) ’n dag saam met die lede van die Just Wheels Motorklub te geniet.
Die doel van die dag is om mekaar te ontmoet maar die publiek kan ook motorparte en ander items, wat nie meer gebruik word nie, saamneem om uit te ruil.
Ouers word aangemoedig om hul kinders saam te neem aangesien daar boeresport sal plaasvind waartydens die kinders pryse kan wen. Daar sal ook ’n springkasteel wees.
Daar sal genoeg wees om te eet en drink en lekker musiek sal gespeel word.
Persone wat belangstel om ’n vlooimarkstalletjie te bespreek kan vir Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 kontak.
Die klub is geleë te Kitzingerlaan 169 en die hekke sal om 8vm open.
Lees ook:
Geotab Just Wheels Motorskou ploeg terug
Just Wheels lede skenk ‘n ton hondekos
Volg ons:



