CrimeNews

Honde vergiftig, eienaar vermoed huis is gemerk

Ons kon niks meer doen om ons honde te red nie

’n Gesin van Greylaan, Anzac het Vrydagoggend wakker geword, net om te sien dat hul twee liefling honde deur die nag vergiftig is.

Wynand Holtshausen (33) het vertel dat sy skoonma, Louise Viljoen, eerste op was en dat sy die gesin se boerboel kruising en chow in die voortuin gesien lê het.

“Ons kon niks meer doen om ons honde te red nie,” het Holtshauzen gesê.

Volgens hom was daar verlede week talle verdagte situasies in die omgewing van hul huis.

“Daar was onder andere persone wat met flitsligte in ’n ander erf, naby aan ons huis, geskyn het.

’n Swart tou is ook om ’n pilaar van ’n buitemuur gehang en Holtshauzen is seker daarvan dat sy huis deur booswigte, op dié manier, gemerk is.

“Ons honde was deel van ons gesin gewees en die ondervinding was nie aangenaam nie.”

“Wat meer kommerwekkend is, is die wete dat ons geteiken is en wie weet wat gaan volg.”

Volgens Holtshausen is daar niks uit die erf geneem nie.

Die swart tou wat om ‘n pilaar van die buitemuur gehang is, het vir Wynand Holtshausen baie verdag voorgekom.

Lees ook: 

Motorfietsdiewe vergiftig honde

Inwoner geskiet toe hy ondersoek instel na geraas buite sy huis

Bejaardes hartseer na hond vergiftig is

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button