Werkers van ‘n fabriek in Van Eck Park het vanoggend die liggaam van ‘n man in ‘n veld, wat aan Coert Steynbergstraat grens, ontdek.
Die SAPD is ontbied en volgens die woordvoerder van die Brakpan SAPD, kapt Pearl van Staad, is die liggaam in ‘n gevorderde stadium van ontbinding.
Kapt van Staad het gesê dat die man waarskynlik in sy sestigs was.
Hy het ‘n denim broek en ‘n swart Puma baadjie gedra. Hy het bruin kouse aangehad en twee pare bruin skoene is naby die liggaam gevind.
Lees ook:
Gedeeltelik ontbinde lyk van vrou gevind
Derde lyk van vrou in veld gevind
Volg ons:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



