CrimeNews

Opvolg: Huisrowers skiet ma dood, wond seun ernstig in Anzac

'n Saak van moord, poging tot moord en huisroof ondersoek word.

Kapt Pearl van Staad, woordvoerder van die Brakpan SAPD het vanoggend (Sondag) bevestig dat die persone wat verantwoordelik was vir die moord op ‘n 63-jarige vrou van Anzac steeds op vrye voet is.

Volgens van Staad het sekuriteitspersoneel van ER24 Saterdag  in die vroeë oggendure gereageer op ‘n paniekknoppie wat vanuit ‘n huis in Edwardstraat,  Anzac geaktiveer is.

Van Staad het gesê dat die sekuriteitsbeamptes opgemerk het dat ‘n klein palisade hekkie oop geforseer is.

Daar is  glo op die sekuriteitspersoneel geskiet, waarna vermoedelik vier verdagtes op die vlug geslaan het.

“Toe lede van die SAPD op die toneel aankom is die vrou aangetref met ‘n koeëlwond in haar nek en was sy reeds oorlede,” het van Staad gesê.

“Haar seun (ouderdom onbekend) is met kopbeserings na ‘n hospitaal vervoer.”

Van Staad het bygevoeg dat die motief van die voorval nie bekend is nie en dat ‘n saak van moord, poging tot moord en huisroof ondersoek word.

 

Lees ook:

Gun suspect linked to robbery

Daily crime watch

Inwoner geskiet toe hy ondersoek instel na geraas buite sy huis

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button