‘n 23-Jarige oud-inwoner van die dorp is twee dae na Kersfees in ‘n motorfietsongeluk wat op die N1 in Kaapstad plaasgevind het, oorlede.
Chandré Michael Roets (23) was ‘n oud-leerder van die Laerskool Dalview en die Hoërskool Stoffberg en het die afgelope drie jaar in Kaapstad gewoon, waar hy ook gewerk het.
Volgens sy ma, Elmarie Roets-Kolbé, was Chandré alleen op die motorfiets toe die ongeluk plaasgevind het.
“Ons is nog nie heeltemal seker wat die presiese omstandighede was wat tot die ongeluk gelei het nie,” het Roets-Kolbé gesê.
Lees ook: Man’s burnt body found near casino
Sy het vertel dat haar seun graag tyd in die gym deurgebring het en dat liggaamsbou een van sy stokperdjies en belangstellings was.
“Hy het dit ook geniet om na musiek te luister en hy het baie in fotografie belanggestel.”
‘n Verassingsdiens word Dinsdag (9 Januarie) in Durbanville gehou.
Follow us:



